Tros (mitologie)

Tros
metgesel Kallirhoe of Akallaris
ouers (1) Erigtonius en Astjoche
of (2) Ilos I
kinders Ilos II, Assarakos, Ganumedes, Cleopatra en Cleomestra
opvolger Ilos II
voorganger Erigtonius van Dardanië of Ilos I

In die Griekse mitologie was Tros (Oudgrieks: Τρώς) die stigter van die Trojaanse koninkryk. Die stad Ilios wat deur sy seun Ilos gestig is, het dieselfde naam aangeneem. Tros was die seun van Erigtonius en Astjoche (dogter van die riviergod Simoeis)[1] of van Ilos I, van wie hy die troon geërf het. Tros was die vader van drie seuns: Ilos, Assarakos en Ganumedes, en twee dogters: Cleopatra en Cleomestra.[2] Sy naam is die eponiem van Troje, ook bekend as Ilion deur sy seun Ilos. Tros se vrou was Kallirrhoe, dogter van die riviergod Skamander,[3] of Akallaris, dogter van Eumedes.[4]

'n Ander persoonlikheid genaamd Tros was 'n Trojaanse kryger. Volgens Homeros se Ilias was hy die seun van die Lisiër Alastor en is hy deur Achilles gedood.[5]

  1. Homeros, Ilias 20.230; Tzetzes oor Lycophron, 29
  2. Dictys Cretensis, 4.22
  3. Skolia oor Homeros se Ilias 20.231 wat na Hellanikos as gesag verwys; Tzetzes oor Lycophron, 29
  4. Dionysius van Halikarnassus, Antiquitates Romanae 1.62.2
  5. Homeros, Ilias 20.462

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy